Die diens is onbeperk en ongevormde internet.

Om te verseker dat die infrastruktuur om internetdienste te verskaf, om by die aanvraag te hou. Word ’n redelikegebruiksbeleid (RGB) beleid gevolg. Die word gebaseer op die netwerk se vermoë en wat 'n gemiddelde en redelike gebruik te wees vir elke pakket. 

Oranet / Kyknou.net  waarborg nie of voer nie aan dat die internet diens:
sonder onderbrekings en foute sal wees nie;
altyd beskikbaar sal wees;
vir die kliënt se doel geskik sal wees nie;
op enige derde party se regte inbreuk sal maak nie; en
veilig en/of betroubaar sal wees nie.24 uur per dag, sewe dae per week, op ʼn 52-weekbasis bedryf sal word nie;


Die kliënt waarborg en onderneem om :
nie die dienste sal gebruik, of sal toelaat dat die dienste gebruik word vir onbehoorlike, immorele of onwettige doeleindes nie;
nie kapasiteit wat uit die dienste voortspruit sal herverkoop nie, of sedeer, toeken of andersins na enige derde party oordra nie;
erken en bevestig dat die dienste nie ontwerp is vir besigheidsdoeleindes nie; 

 

Data en Dientse 
** Data is nie oordraagbaar van maand tot maand.
** Die diens is per Router en per een gegewe aangewysde ligging. (Die diens kan nie verdeel word nie) 
** Spoed nie gewaarborg.

 

MESH SENDER EN ROUTER
** Tensy andersins skriftelik ooreengekom, bly die toeristing die eiendom van Oranet.
* Die klient onderneem om dit terug te handig in werkende toestand as diens kanseleer word, alternatiewelik sal die volgende kostes geld, ongeag dit nuut of 2de hands was.
Mesh Sender R1500
WIFI Router - R500  betaalbaar 
Indien sender of router beskadig word agv van nalatigheid sal u op eie kostes vervangings koste dra. 

 

BREEBAND HUIS EN BESIGHEID

Om data bekostigbaar te maak aan kliente word data op ratio verdeel tussen kliente. Huishoudelike breeband Ratio 1:4 Besigheids Breeband Ratio 1:2  Dit is algemene gebruik en in die ratio is inteendeel baie groter. Die voordeel behalwe vir kostes is dat data effektief beter gebruik word en benut is.

 

DOEN JOU SELF 
Eenmallige versendings en router opstellings fooi R300 vooruit betaalbaar met aanvaarding van aanbieding.
Item word per Pudo versend na Boegoebugs.
7 dae versendings tyd nodig. 
Indien daar probleme is en hulp benodig word met die installasie kan n kontraktant uitgestuur word. Uitroep fooi van R500. 

 

DIENS ONDERSTEUNING
Ondersteuning word per Whatsapp gedoen.
Ure is van 8:00 tot 18:00 weeksdae
Saterdae 8:00 12:00
Sondae word geen ondersteuning gedoen en oproepe word geignoreer. Indien u fout het stuur dit wel per whatsapp en as dit moontlik is, sal aandag gegee word.

 

Kansellasie deur privaat Kliënt
Die Kliënt mag te eniger tyd beëindig deur een kalendermaand skriftelike kennis aan Oranet  te gee (byvoorbeeld: kennis wat op 15 Junie gegee word, beteken die kontrak eindig op 31 Julie).

 

Met die vroeë kansellasie van 'n vaste-termyn kontrak, sal die Kliënt aanspreeklik bly vir alle bedrae verskuldig tot op die datum van beëindiging, plus 'n redelike kansellasieboete. Hierdie boete kan die volgende insluit:
Die terugeis (clawback) van enige gratis installasie-, aktivering- of roeteerderkoste (router) wat aanvanklik deur die ISP kwytgeskel is, asook 'n Pro-rata berekening van die oorblywende maande.

 

Aangesien meerderheid Internet kliënte huurders is, word "gratis" installasies gedoen ten doel vir volgende huurders of gebruikers om 'n bekostigbare diens daar te stel. Die ooreenkoms met die eienaar van die perseel, waartoe die instem,  is ten doel om ‘n langtermyn verhouding daar te stel, en om sy waarde te verhoog en nie gerig op die internet kliënt self nie.  Die Eiendomseienaar mag onder geen omstandighede die fisiese bates, kabels, hulsels of ONTs opeis, verkoop, of aan 'n ander lisensiehouer of mededingende IDV oordra nie. Toegang na die bates word beskerm deur die Wet op Kommunikasie. Die bates word gesien as roerende eiendom. Sou ‘n mededingende IDV dienste wou lewer, sal die op eie koste ‘n eie installasie moet doen of op redelike en billike in gesprek moet tree met Oranet waar beide IDV voordeel trek.
 

 

GROOT internet

IS HIER