Hierdie blad sal gebruik word om onderwerpe wat aktueel is op Radio Orania te vertoon

 Epos aan Radio Orania

 
   

 

 

 

Skakel gerus met Annatjie Joubert by 082 460 8167 indien u veranderinge wil laat aanbring    
   

Die haglikheid van die Ruyterwacht- plakkerskamp

In die Ruyterwacht Plakkerskamp, naby die Grand West Casino in die Wes-Kaap woon Afrikaanssprekende gesinne in haglike omstandighede. Die samestelling van die inwoners is vier wit gesinne, twee wit/bruin gemengde gesinne, een bruin gesin, twee wit middeljarige dames, vier wit mans en twee bruin mans. Die omstandighede in die kamp is uiters haglik.

Veral met die huidige weerstoestande wat ondervind word in die Wes-Kaap Provinsie. Daar is vier woonplekke waaraan ons uiters dringend aandag sal moet skenk.

In die woonplek wat die ergste deur die weersomstandighede geraak word, woon 'n Afrikaanse gesin met hul vyf kinders, ouderdomme 2jr, 5 jr, 8 jr, 12jr en 16jaar oud. Die drie jongste kindertjies in die woonplek staan enkel diepte in die water. Hul kan nie die langbroekies dra wat ons afgelewer het nie, want alles word nat.

Hul loop kaalvoetjies met kort broekies en dis baie koud op die oomblik. Dit is net water regdeur hul woonplek. As jy van die bed afklim is jy in die water. In die woning is al hul klere, skoene en beddegoed nat. 'n Mede-werker, Helma Snyman wat Saterdag gesien het wat die toestand werklik is, het voorgestel dat ons dringend water stewels en reenpakke vir die kinders kry, dit sal onmiddellike verligting bring deur hulle beentjies en voetjies warm te hou. Die lewensnoodsaaklike oplossing is om dringend 'n Wendyhuis te kry wat groot genoeg is om die gesin te huisves.

Ons tweede groot krisis op die oomblik is twee wit dames, tannie Martie en tannie Yvonne wat elk in 'n hout kamertjie bly. Hul woonplek is van afval hout aanmekaar gesit en glad nie waterdig nie. Hulle het net spasie vir 'n enkelbed. Hul klere hang teen die hout mure en dak waar dit sopnat word. Hul omstandighede is haglik. Ek voorstel dat ons dringend probeer om een groot of twee kleiner wendyhuise (groot genoeg om in te woon) aan te koop, dan is die probleem opgelos.

Die vierde woonplek is so swak aanmekaar geflans, dat plastiek velle of waterdigte seile nie die probleem gaan oplos nie. Die voorstel is dat gepoog moet word om die gesin te help met 'n wendyhuis, karavaan of nuwe hout, sodat 'n woonplek opgerig kan word.

Die noodplan is om dringend drie of vier wendyhuise aan te koop as alternatiewe woonplekke. Reelings sal met die naaste Launderette getref word dat die inwoners hulle wasgoed en beddegoed wat nat is daar laat was en droogmaak vir die rekening van Solidariteit Helpende Hand Fonds Kaapstad tak. Groot hoeveelhede kos, klere en komberse is Saterdag afgelewer. Ons is in noue kontak met die Gemeenskapsleier in die kamp, mev Anne Vykens en sal verdere aflewerings daar doen soos wat versoek word.

Solidariteit Helpende Hand Fonds Kaapstad tak moet dringend fondse insamel vir die finansiering van bogenoemde projekte. Enige individue of instansies wat bereid is om finansieel te help of Wendyhuise kan skenk, kontak asseblief vir Erika Rossouw sel 072 195 6581 of e-pos erikarossouw@lantic.net