Tuisblad
ORANIAFORUM
Besoekpunte
Produkte
   
 

MUSEUMS EN MONUMENTE

GASTEHUISE EN VERBLYF

   
 

Kultuurhistoriese Museum

Die kultuurhistoriese museum bevat 'n wye reeks items wat wissel van 'n antieke vuurwapen versameling, items uit die vroeëre Voortrekker tydperk . Die museum kan besoek word per afspraak. Skakel Kokkie by: 053 207 0214

Verwoerd Gedenkmuseum

Die Verwoerd gedenkmuseum is 'n waardevolle versameling goedere uit Dr Verwoerd en Mev Betsie Verwoerd se persoonlike besittings sowel as uit items wat Dr Verwoerd as staatshoof vanaf verskeie lande ontvang het, tydens sy ampstermyn. Skakel gerus 053 207 0112 vir 'n afspraak.

Beeldetuin

Na aanleiding van die verval van die Afrikaner se kultuurgoedere in die Republiek is Orania in die besondere posisie om van die beelde te akkommodeer en ontvang dan ook dikwels skenkings in hierdie verband. Sommige hiervan is te siene in die beeldetuin op die monumentkoppie.

Ierse Monument

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die destydse Ierse regering 'n bataljon soldate uit Ierland na Suid-Afrika gestuur om die Boere in hulle stryd teen die Britse mag by te staan. Indien dit nie was vir tydige waarskuwings vanaf goedgesinde bronne en borge nie, sou hierdie besonderse monument nie betyds vanaf Aucklandpark, Johannesburg verskuif kon word nie. Die Ierse monument is te siene regoor die Gemeenskapsaal en net oos van die Beeldetuin.

Koeksister Monument

Die koeksister monument is te midde van die wydbesproke en gespotte aanmerkings van talle nasionale sowel as internasionale joernaliste opgerig om die deursettingsvermoë en moed van die Afrikanervrou te gedenk, wat met weinig finansiële bronne tot haar beskikking die vermoë besit om talle instellings tot stand te bring.

 

Orania beskik oor 'n verskeidenheid verblyf opsies wat wissel van kampeergeriewe, selfsorgeenhede tot 'n boskamp met 'n  besondere luukse tentgerief wat uitkyk op die Oranje rivier. Kontak gerus een van die onderstaande nommers vir verdere navrae in die verband.

  Aan die Oewer Vakansie Oord

  053 207 0118

 Carpe Diem Gastehuis

  053 207 0000

  Hayes se Tuishuis selfsorg eenheid

  053 207 0038

  Die Ou Melkplaas

  053 207 0027

 Cha-Du-Brie Gastehuis

053 207 0019

Boskamp Chalets

083 388 1433

 

 

 

 

 

   
       
 

Somer Nov 2010 Webwerf deur FleurdeLis